stotter wurrel wurg
wors die woorde uit
mompel blertse huigend hert
skryf ‘n sprokie, Gert
-
stommelose drommel
dronk verdriet
draai om! lekker Griet
laat jou hang kanne
melk skommel skud
ritmies bukkend
stamp en stoot
-
Al die skeel oog bliksems
stoei swetend malend vroetelende
lywe vrywe teen mekaar
gesig in opponent se skrot
tot drie getel jou rooi gesig sot
-
Staan opsy, hier kom ‘n ding
vir digterlike vryheid
lekker soos ‘n krekker
rolskaats met ‘n sparkler
sterrietjies vonkies uit
my poephol uit
-
spatsels drek
stront streep – briekmerke
smeersels strofes
rym in des moer in
nuwe stem
digter per abuis
sowaar
die poes in poesie
-
Joan Hamburger kreun n dreun
en ou groentrui brei n kwatryn
dirk der duisende druk n drie
koos mymer uit die oude doos
dis ‘n gedoente
skrikwekkend
o balletjies blou
die gemeente verstik dis taamlik
te onbekwaamlik
-
nouliks beskaam die waarheid
alkant gatkant bo Holder ste bolder
kiep kiep hier kiep kiep daar
watter woorde is nog nie gedig
en slim praatjies on opgedis?
-
woester kan dit nie gaan
ons rook aaptwak
en vloek die maan
dik gevreet aan space cakes
rol ons rond
verstik ons aan rosyntjies
kots braaksels rym
ploeter in die kuber ruim.
en Griet kry eelte op die kniee
van viervoetig naai
en vloere skrop
terwyl ou Gert heeldag
rympies op flentertjies
papiertjies dig.
Digter per abuis February 7, 2009
Die oer knal February 7, 2009
mandalas
rol
ratwerk
om en om
sirkel tol
spin
kolk
om en om
draai draai
in ‘n wentelbaan
Die heelal
verdwyn
weg gesuig in die
kolk van ‘n
gorrel gat.
ertjie pit groot
tussen duim en wysvinger
knyp God die bolletjie
totdat dit bars
dat die snot so spat
mandalas
rol
ratwerk
om en om
sirkel tol
spin
kolk
om en om
draai draai
in ‘n wentelbaan
Reis joernaal van Lodewyk van Gotha (Slot) February 7, 2009
Reis joernaal van Lodewyk van Gotha (Slot)
Vrou, ek verlang na jou
as ek hier deur die draaie van Satansnek reis
(insert) ry
drie seuntjies op donkies trippel verby,
en verder in die pad vlieg
twee en twintig vaal bruin aasvoels op
van ‘n perd se karkas, hul nekke vuil bebloed.
By hutte le hopies hout te koop
en sit ou vrouens kruisbeen en pyprook
sover as die pad strek stoot jong dogters
lee kaste bier op kruiwaens.
Hierdie reistog duur te lank
is ek van jou af weg.
Sommige dae is beter as ander
daar is die dae wat ek wonder
en ander wat ek toe oog le
en in ‘n droom saam met jou strandlangs stap teen
die deinsserigheid van die sout see bries in
dan stoei ek met jou warm bruin liggaam
en fluister hardop jou naam.
Soms is dit net te moeilik om die gordyne
voor die venster weg te trek
my bleek heid aan die son bekend te stel.
Sommige dae is beter as ander
dan skryf ek in hierdie joernaal sonder sanik of kla.
Daar is dae wat ek kennis neem van die maan
en opkyk na die sterre strooisels blinkertjies
en sirkeltjies rond teken langs die datums
vol ingekleur vir volmaan
en hol leeg vir donkermaan
Daars dae wanneer die swart kraai kras kom raas
as die gety my binneste laat swel
strop in die krop van my keel
Kriewel kriewel wraak wragtig
Kom krap, die swart kraai wat pik in die teerpad
My vrou dis wanner jy my kop
in jou skoot sou neem en jou
vingers my slape sou streel
Nou skryf ek maar net in die vervloekte joernaal;
Kaksleg dag, dankieVader vir u genade
Goeienag.
Reisjoernaal (4) September 17, 2008
7
Vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is.
Afrika is ‘n aasvoel en
‘n bondeltjie kind
met vet opgeswelde magie
wat hurk en pik in die stof
twee tree voor die dood.
Hier draai die ongeluk naby, orals in die lug
agtervolg jou en wag net vir die struikel
om jou in te sluk en vrotvel uit te spoeg
om net maar ‘n kotsel vir ‘n
aasdier te wees.
Bewustelik op die uitkyk soos prooi
wei ons agterdogtig
en sluit die deure saans.
8
Vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is.
tussen rye taxis deur druk ek
en menigtes mense meul
oor uitgetrapte sy paadjies
lendelam hout stelasies
swig onder hopies vrugte en
cheap plastic ware
lekkers en sigarette
Langs die KFC in Engcobo
staan ‘n bakkie vol kratte bier
en ‘n vasgemaakte bok
en ‘n vrou dra ‘n matras van Lewis store
straat af netjies op haar kop.
Die burgemeester en ek
glimlag breed vir mekaar
en hy skink vir my Fanta
lou warm uit ‘n liter bottel.
Ons stap na die anderkant van die
dorp waar ‘n kontrakteur
toilette op ‘n lang streep
installeer.
Weg met die emmer stelsel,
seg die groot meneer
agbare burgemeester.
Kooitjie emmer se ek, nes
destyds is die regeerders steeds besig
met kak in die nag.
Reisjoernaal (3) September 15, 2008
5
Vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is
hier waar ek sit,
gehurk en die dollosse
voor my uitgegooi word
en slamse voor my hut vee en botteltjies
in die bome hang en fluit in die wind.
Ek hoor die lawaai van ou transport ryers
wat onder deur die drif gaan
soos my ouma vertel het
hoor mens die die gebulk van osse
wat spartel in die stroom
die voorslag wat klap
maar as jy daar onder by die draai gaan staan
sien jy net die vol lig maan weerkaats
op die roerlose oppervlak van die kuil.
Dit het ek geweet is nie sommer
ou vrou stories nie.
6
Vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is;
Afrika is ‘n donker plek in die nag
waar ek beangs word en
alleen wakker skud, terug in Suidwes
met die dooies gesig(loos) in die stof
ledemate ongemaklik skeef gewring
le hulle rondom my.
net soms reis ek nog daarheen
die stof en die gewag het vervaag
in my geheue tot ou army storietjies
kuiertjies
eensaam
op kroegstoeltjies.
Reisjoernaal (2) September 6, 2008
3
Vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is
waar ek sit in my studeerkamer
met die graad sertifikate en geraamde erkenings
en beplan ons pensioen planne en
om te bedrieg, die ontvanger
lang strofes dig
strepe grepe taal
probeer vasheg
en betekenis gee aan die
iewers anders wees begeerte
Hier waar ek lysies maak
van dinge om te doen
en die lekkende kraan altyd onderlangs
noem.
4
Vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is
waar ook al ek dwaal
my moses taak uitvoer
hakkelend my woorde probeer stotter
die volk probeer oorreed
my klei tablette vol wette uitgriffel
rooi oker strepe oor my gesig verf
die tiervel van die koninglikes om my hang
op blik trommels saam met die ouderlinge
in ‘n kring my spreek spreek
in die gloed van vure en voete dans
die jong meisies se blink lywe bekyk
transende ritmes en disko ligte
word die maan ‘n spieel bal wat draai
en kleure strepe ligte gooi
strobes tril en bewend angs tot die reelmaat
losmaak en vergewe tot ligdag
wanneer die honde kom snuffel in die as
waar kaal gekoude bene rondle
en varke hortend tussen klei hutte
weg skarrel
waar ek opstaan van ‘n grasmat in
gister se klere.
Reis joernaal van Lodewyk van Gotha August 28, 2008
( uitgeskeerde stukkie sommer so by Julie 2008)
1
My liefste vrou;
Ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is.
deur klein oos kaap dorpies,
in vreemde kamers waar ek elke nag
nuwe spoke moet kalmeer,
plankvloere en hoe plafonne trotseer,
vodde matte en ou stowwerige dekens
en smorens harde bacon en loperige eier ontbyte
Plastiek keteltjie en Pep store glase met lou water
pakkies ricoffy en suiker sakkies.
‘n TV en remote toestel
waarmee ek klik klik die hele aand
deur drie kanale wip
of afgeskeep sit in kroe
en jong bar meisietjies
probeer verlei met skewe grappies
en shootertjies wyn.
2
My vrou ek verlang na jou elke dag wat ek op reis is
deur verlate landskap streke
in asvaal kamers en groen enamel geverfde hospitaal sale
waar ek saam met kubaanse dokters en
isixhosa tolke van bed tot bed
die siekes en babatjies met rond geswelde magies besoek
waar ek dwaal tussen een kamer huise
en sinkplaat krotte in die ghettos
onvoltooide staats projekte omhein en leeg.
Al langs die pad van Umtata tot in Port St Johns
tot by die mond van die Umzimvubu
versadig van die bruin grond van die Transkei
wat die kragtige strome weer in die oseaan uitkots.
Hier bly ek tussen backpackers in komunale kamers
en deel badkamers
trom op dromme en rook dobie
en gaap die bralose noorweegse meisies aan
hul blonde dreadlocks gevul met Afrika begeertes
die tropiese nagte warm sweterig en die branders
van die wilde kus gedurig suisend
dra ek ‘n stringetjie krale en deel ‘n warm quart bier
tot die nag lui begin tol in ‘n ander heelal in
keer ek bokke aan in die vooraand
en lei beeste oor die groen gras bedekte sandduine
en tyd word kosmies vertraag
so moeilik om weer hieruit te ontwaak
hier waar ek verdwaal op die rand van
die donker kontinent.
‘n boere tan verbleek in die nag August 14, 2008
1
Hier staan ek alweer voor jou soos my gedig
gestroop van windmakerigheid
kaal en naak
my arms bruin soos joue
maar my pens spier hollands wit.
2
ek smaak jou bruin wees
jou annerstergeit
my indiese bruid
jou kwaai opvlieendheid
jou eksotiesgeit
jy bederf my in die afgrond af
jy bevry my van my vervelige ou boeregeit
3
ek koer duif lekker kry
en fluister saggies woorde;
kan ek kom le
in die vou van jou vlerk
kan ek kom kreun van lekkerte
in die soetigheid van jou nek
kan ek kom speel met
die bolletjies degies van jou borsies
kan ek kom steel vruggies
in die stoutigheid van jou boorde
Jy lieg vir jouself August 7, 2008
Ek loop bieg naamloos
in die eensaamheid
van die kaal landskap,
my getuienis warrel
wind verwaaid.
verdwaald
bly dit kleef en net as
jy bieg teenoor ‘n
per dalkse afperser
sal dit kom;
‘n helder gewete.
Internet imposter August 6, 2008
drafstap op die maan
fluister suutjies
kanniedood woordjies
bekruip die skaduwee
winkend agterna
ontwykend waar ek gaan
gebruik ‘n skuilnaam
op die wye wereld web
lok ek jou uit
koggel ek
maak jolyt
word ek,
dooie likkewaan
‘n interesante
wese inderdaad
